SEBENZA CREEK

Rustigheid in 'n Kampterrein

Sebenza Creek Ekoboskamp is die droom van ywerige kampeerders en reisigers.

Die doel van ons Ekoboskamp sal rustige ontspanning in die natuur wees, weg van die stadsgeluide en geraas. Om 'n geleentheid te gee vir gesinne om saam hul batterye te herlaai, terwyl hulle die natuur eerstehands geniet.

Langverblyfkampeerders kan die stilte kom geniet, net versteur deur die groot verskeidenheid voëls wat die nabygeleë bome besoek.

Moderne geriewe soos ablusies en elektrisiteitspunte is beskikbaar, en daar is oorgenoeg spasie tussen kampplekke. Harde musiek word nie toegelaat nie.

Die idee is om kampeerders nader aan die natuur en die rustige skoonheid van ons Ekoboskamp te bring, 'n skuilplek in die natuur vir diegene wat uit die gewoel van stadslewe wil ontsnap. Kampeerders word aangemoedig om te ontspan met die geluide van die natuur, die bosroetes te stap, voëls te kyk of die klein koppies in die omliggende area uit te klim.

Bepalings en voorwaardes geld.
💥💥PAASNAWEEK SPESIALE AANBOD💥💥

Sebenza Creek Boskamp/Bush Camp naby Nylstroom.

Wil jy die Paasnaweek verkeer misloop.... bly 1 nag...Verniet/gratis/mahala...of voor die naweek of na die naweek.... jy moet net jou verlof reël.... ons sal die ekstra nag reël.

________________________________

Bespreek 5 staanplekke of meer en kry 10% afslag per staanplek

Skakel ons nou om jou plek te bespreek om teleurstelling te voorkom.

Pryse image
Moderne geriewe soos ablusies en elektrisiteitspunte is beskikbaar met genoeg spasie tussen kampplekke.

WEEK TARIEF : R420 PER STAANPLEK P/NAG (MAKSIMUM 6 PERSONE TOEGELAAT)
NAWEEK & VAKANSIE TARIEF : R480 PER STAANPLEK P/NAG (MAKSIMUM 6 PERSONE TOEGELAAT)
WEEK TARIEF (PENSIONARISSE) : R350 PER STAANPLEK P/NAG
PENSIONARIS MIDWEEK (Sondag in, Vrydag uit) : R875 PER STAANPLEK 
LANGSTAAN TARIEF: R2 900.00 PER STAANPLEK P/MAAND (MAKS 2 PERSONE & 1 VOERTUIG TOEGELAAT)
BYKOMENDE PERSONE R50 PER PERSOON P/NAG.
GROEP BESPREKINGS: SPESIALE TARIEWE OP AANVRAAG

  • Al die terreine het kragpunte en benodig 'n 'male' karavaanprop vir gebruik.
  • Staanplekke word nie vooraf toegeken nie. 
  • Kampeertariewe word per staanplek en per nag bereken.
  • Maksimum 6 persone per staanplek.
  • Slegs een voertuig per staanplek ingesluit by tarief. 
  • Alle pryse sluit BTW in
  • Geen sein by Ingangs Hek (skakel vanaf teerpad vir toegang - 082 687 8759)
  • Gratis WiFi binne Kampeer Plek
  • Elke staanplek het sy eie braaiplek.
  • Gemeenskaplike Braai-area
  • Dierevoerplek
  • Kinderspeelarea (Fase 2)
  • Kroeg (Fase 2)
  • Winkel (Fase 2)
  • Stap- & fietsryroetes
  • Swembad
  • Trampolien
  • Volleyball baan
  • Juksei baan




boskampgeriewe image
  • 9C7J+MJFH Modimolle, South Africa
  • C10, Driefontein, Modimolle

24°38'08.7"S 28°25'54.9"E of -24.635751, 28.431921